Waterberg Logo
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel +27 21 855 0395

WATERBERG PLATO
NASIONALE PARK

Nou 'n luukse oord.

ANDER NAMIBIë LODGES BESPREKINGS EN PRYS ANDER OTJIWARONGO LODGE
Prys van akkommodasie sluit ontbyt in. Geen kinders onder 6 word toegelaat nie
Waterberg Plato Nasionale Park
 
Iets te drinke Waterberg

Die Waterberg Plato, wat bykans 200 meter oor die landskap uittroon, met loodregte kranse en fassinerende rotsformasies, is een van die skouspelagtigste kenmerke van die noordelike streek van Namibië.

Die Waterberg-kamp verskaf akkommodasie in gerieflike “premier” chalets, twee- en vierbed chalets en dubbelkamers, wat almal tussen yslike bome aan die voet van die kranse van die Waterberg Plato is.

Die restaurant, kroeg en kiosk is in die historiese Rasthaus, wat oorspronklik in 1908 gebou is en lank as ‘n polisiepos gebruik is. Daar is ook ‘n winkel, swembad en kampeerterrein.

Daaglikse begeleide ritte word na die plato aangebied, wat as ‘n teelgebied vir skaars en bedreigde spesies (soos swart- en witrenosters, siektevrye buffels, sabelbokke en ander boksoorte) gebruik word. Die natuurlik prag van die gebied kan ook te voet verken word, deur middel van begeleide en onbegeleide staproetes, of korter roetes naby die kamp. Op hierdie roetes sal jy wonderlike voëlkykgeleenthede hê en ‘n groot diversiteit interessante flora kan sien.

Ete Waterberg Namibie
Enkelkamer Waterberg Plato Namibie Dubbelkamer Waterberg Plato Nasionale Park
Kamer Waterberg

Renoster Namibia Waterberg